Ray Bradbury



Ray Bradbury

Amerikaanse skrywer


Handtekening


Literêre stroming

Wetenskapsfiksie
Fantastiese, gruwel- en misterieuse verhale en romans


Beduidende werke

The Martian Chronicles (1950)
The Illustrated Man (1951)
Fahrenheit 451 (1953)

Ray Douglas Bradbury (* 22 Augustus 1920 in Waukegan, Illinois; † 5 Junie 2012 in Los Angeles, Kalifornië) was 'n Amerikaanse skrywer van wetenskapsfiksie (alhoewel Bradbury self geen van sy werke - met uitsondering van Fahrenheit 451 - by hierdie genre gereken het nie), fantastiese, gruwel- en misterieuse romans en kortverhale. Meer as vyfhonderd titels het uit sy pen verskyn.

Bradbury het internasionale bekendheid verwerf met sy distopiese roman Fahrenheit 451 (1953), 'n skets van 'n toekomstige samelewing waarin televisie leeskultuur en geletterdheid vernietig het en boeke vanweë hulle negatiewe invloed op mense deur 'n spesiale brandweer verbrand word, en 'n reeks wetenskapsfiksie-verhale wat in die bundels The Martian Chronicles (1950) en The Illustrated Man (1951) gepubliseer is.

Bradbury word as een van die invloedrykste Amerikaanse skrywers van spekulatiewe fiksie van die 20ste en vroeë 21ste eeu beskou wat wetenskapsfiksie tot 'n volwaardige literêre genre ontwikkel het waarin onderwerpe soos die vrese van kinderjare, kolonialisme en kwynende indiwiduele denke behandel kon word. Baie van sy werke is vir televisie en die groot skerm aangepas en verfilm.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search